Soms wonder jy of jy genoeg is? Of jy mooi genoeg is, slim genoeg is, ryk genoeg is of self invloedryk genoeg is. Dit kan jou dan laat wonder of jy ooit spesiaal genoeg is om te wees waar jy jouself bevind.
Tog kan jy nie help dat jy gebore is in die familie wat jy het of dat jy in die dorp, stad is waar jy is. Veral as jong dogter of seun wat nie vir hulle self werk en sorg. Jy is nog afhanklik van ma en pa en soms wil jy so haastig klaar maak met skool om onder hulle sorg weg te beweeg.
Tog as jy wel wegbreek besef jy dat dit maar altyd beter en soms lekkerder by die huis was as wat jy nou op jou eie is. Hier waar jy nou self moet uit haal en wys en verantwoordelikheid moet opneem vir jou eie lewe. As jongmeisie of seun het jy weer ander uitdagings soos bv wat jy nou eintlik uit die lewe wil hĂȘ. Jy scroll op social media en hou ander mense dop en wil dan soos hulle wees of self die goed he wat hulle het. Tog weet jy dat jy dit nie kan beskostig nie.
Dan kom die vraag weer. Is ek spesiaal genoeg om te he wat ander het. Of om te doen wat ander doen?
Hoekom nie liewer jou fokus weg draai van die geraas rondom jou nie. Te fokus op wat jy het. En net stil kom word in dankbaarheid. Dankie Here dat ek nie weg geneem is deur die dood nie. Dat ek nog aan die kant van die lewe is. Soms weet ek nie presies wat ek moet doen maar dan luister ek maar dan net weer na die stem van binne.
Doen net dit wat God op jou hart plaas want Hy dink jy is spesiaal net vir hom. En jy sal spesiale dinge doen en bereik vir Sy glorie.
Lesse om te leer:
Almal het iets wat hulle voel hulle nie van hou oor hulleself nie. Dit gebeur as jy nie weet aan wie jy behoort nie. God is jou Skepper en jy is Spesiaal gemaak net vir Hom en om Sy naam groot te maak.
Bly in jou baan en fokus op Jesus!
Baie liefde.
Comments
Post a Comment