Liewe Sandy
Ek sien jou swaar trek aan die laste wat nie eers joune is nie. Jy wat nie eens jou kop soms by die huis wou uitsteek omdat jy so skaam is vir goed wat jy nie eens gedoen het nie. Soms voel dit jy wil jou kop in n gat steek as die polisie van weereens n draai kom maak na goed wat jy nie eens create het nie.
Tog voel jy skaam as of jy iets gedoen het. Jy is maar daar omdat jy daar beland het vir n doel. Jy kon dit nie in daardie oomblikke gesien het nie. Maar dus aande op aande wanneer musiek reg deur die nag doef doef wat jou uit hou vermoe kom leer het.
Jy wou al so baie kere net oppak en weghardloop maar omdat jy n doel gehad het om skool klaar te maak, het jy maar deurgedruk.
Ooh maar jy is n brawe meisie Sandy. Ek het nie geweet jy kan so baie dra nie. Jy het tog iemand gesoek met wie jy kon praat maar daar was niemand beskikbaar gewees nie .
Ons Hemelse Vader het ook geweet jy sal dit maak al was daar nie iemand met wie jy kon praat maar tog weet ek Hy was altyd daar.
Lesse geleer nou:
Soms wens ons ons situasies weg. Maar God het alles in Sy hand.
Sandy steek jy nou jou hand uit na n jongmeisie of jongseun wat dalk net wil praat oor die moeilike omstandighede waaraan hulle geen bydrae het.
Leer hulle om deur te druk en sterkter karakter daardeur te bou!
Ek is baie trots op jou Chrisandy! God was goed vir jou en is nogsteeds goed vir jou.
Comments
Post a Comment